ONS SKOOL

Hoërskool Nylstroom

’n Trotse Erfenis

Op 15 Februarie 1940 is Hoërskool Nylstroom amptelik as hoërskool verklaar deur Generaal Pienaar, die destydse Administrateur van Transvaal. Met sy ryk geskiedenis en stewige fondamente is Hoërskool Nylstroom die oudste hoërskool in die Waterberg-distrik en steeds ’n leier op vele gebiede.

Ons spog met uitnemendheid in sport, kultuur, leierskap, en akademie, met die gesonde ontwikkeling van elke leerder as prioriteit. Jaarliks verlaat positiewe en gebalanseerde jongmense ons skool, gereed om in die wêreld ’n verskil te maak.

Met ons leuse, Ek leef en sal lewe, en die leiding van ons Hemelse Vader, streef ons steeds na groter hoogtes. Wat ’n voorreg om ’n trotse Nylie-Kwagga te wees!

SKOOLLIED

Uit Waterberg ruis daar ‘n lied
Wat weerklink in die ver verskiet.
‘n Lied van Nylstroom se Hoërskoolskaar
van oral hier bymekaar.

We will build on our heritage always
and our struggle has unity at its base
be ready to stand or to fall in the ring
And the most noble off ‘ring we bring.

Ons sal bou aan ons erf’nis vir altyd
en ons stryd bly gegrondves op eenheid
gereed om te staan of te val in die kryt
tot die edelste offers bereid.

Om ons nasie sterk te bou
bly ons wakker bly ons trou
getrou aan ons strewe
ONS LEEF EN SAL LEWE
Wees wakker en wees trou!

WORD ‘N NYLIE

Word deel van die Nylie-familie!

Hoërskool Nylstroom bied ’n verskeidenheid opwindende geleenthede om deel te word van ons trotse, gelukkige en dinamiese skoolgemeenskap. Hier sluit julle aan by ’n skool met ’n toegewyde onderwyskorps wat uitnemendheid nastreef en gehalte-onderrig op die voorgrond plaas.

BRIEF VAN ONS HOOF

Word deel van die Nylie-familie!

Hoërskool Nylstroom bied ’n verskeidenheid opwindende geleenthede om deel te word van ons trotse, gelukkige en dinamiese skoolgemeenskap.

Hier sluit julle aan by ’n skool met ’n toegewyde onderwyskorps wat uitnemendheid nastreef en gehalte-onderrig op die voorgrond plaas.

KOSHUIS

Hoërskool Nylstroom is sentraal geleë in die hartjie van die Waterberg en bied veilige en gerieflike koshuisfasiliteite.

Die fasiliteite is perfek vir sportspanne wat op toer is of skole wat oornagfasiliteite benodig – alles teen bekostigbare pryse!

Hier kry jy ’n huis weg van die huis, met geriewe wat jou gemak en prestasie eerste stel.